Berei 3 ronde koekpanne voor vir bak.
125g (125ml) botter,
250g (300ml suiker),
2 eiers geklits,
300g (625ml) koekmeel,
20ml bakpoeier,
2.5ml sout,
5m fyn kaneel,
5ml fyn neut,
250ml melk,
15ml kakao, aangemaak met 15ml koue water.
Stel oond op 180C. Klop botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiers by en meng goed. Sif droe bestanddele ( buiten kakao) saam en voeg om die beurt met melk by bottermengsel. Meng goed. Verdeel 2/3 van die mengsel gelykop tussen 2 gesmeerde panne. Meng die aangemaakte kakao by die orige deeg en skep in 3de pan. bak sowat 20-25 min of tot toetspen skoon uitkom. Vir versiersel het ek blik karamelkondensmelk met kamertemperatuur roomkaas gemeng.
Die koek moet regtig al Donderdag gebak word, die kaneel en neut moet eers (trou) goed deurkom om tot sy reg te kom
Resep en foto geplaas deur Annetjie van Huyssteen