

MARROCAN FILOCAKE WITH DATES
4 velle filodeeg
30g botter
Vir die vulsel nodig jy:
220gr botter
200gr versiersuiker
2 ekstra groot eiers
200gr gemaalde amandels
100gr pekaneute grof gekap
30ml meel
Gerasperse skill van een lemoen
5ml fyn kaneel
5 vars dadels ontpit en gekap (ek het sommer ‘n handvol gedroogte dadels gebruik)
Versiersuiker vir voorsit
So maak jy:
Room botter en versiersuiker tot lig en donsig en klits eiers een vir een by.
Plaas filovello in die lengte langs mekaar (onthou om hulle klam te hou). Skep die vulsel in ‘n lang reguit strook oor al vier velle omtrent 2cm van die onderkant af. Verf die bokant liggies met gesmelte botter.
Nou rol jy die deeg met vulsel in ‘n lang wors. Rol dit van een punt af op. En plaas in ‘n gesmeerde koekpan om sy vorm te hou. (Ek het ‘n los boom pan gebruik)
Bak vir 25 min in voorverhitte oond van 180°C.
Photo and recipe posted by Joey Kemp






