SOET TERTJIES MET SOUT VARIASIE
Soettertjie:
1 blikkie ingelegde appels
½ koppie suiker
Knippie sout
1 teelepel kaneel
2 takkies lavender
½ koppie melk
2 eetlepels vlapoeier
Vir souttertjie:
Bogenoemde bestanddele en
1 teelepel kerrie
½ teelepel borrie
Sit alles behalwe ‘n bietjie melk en vlapoeier in potjie en kook vir ± 10min. Maak vla aan met die bietjie melk in en voeg by. Kook tot verdik oor lae hitte. Dit vat nie lank nie.
Skep die helfde uit in ‘n bakkie en los ander helfde in pot. Voeg die kerrie en borrie by en kook vir paar min.
Rol 1 pak skilferkorsdeeg uit en druk sirkels uit. Sit in medium groot muffin pannetjies. Die sout het ek ‘n dekseltjie opgesit 😉 en die soet oopgelos en ‘n deegrosie in die middel gesit.
Bak by 190ºC vir ongeveer 20 min, of tot mooi verkleur.
Bedien sout op blaarslaai en soet met lekker vla 😉 en in een beslag het jy ‘n voorgereg en n nagereg
Resep en foto: Marian van Deventer








