Braai die appelskyfies (geblikte appel) in ‘n pan met bietjie melk en bruin suiker.
Sny intussen ‘n appelvorm in die deeg en bak in warm oond soos op pakkie aangedui. wanneer mooi ligbruin en gaar,
laat afkoel, en snydan die appel horisontaakl deur, Druk die appelskywe, gebraai in melk en bruin suiker,
fyn, en besprinkel dit met pypkaneel. Skep van die appelmoes op die een helfte van die appelvorm,
en gooi vla rondom dit …in ‘n sirkel. Plaas die boonste gedeete van die appelvorm skuins teen die gevulde deel.
Sprinkel liggies met geurmidde.( Kaneel gemeng met bietjie versiersuiker)
Retha- Jane Duvenhage







