Puff pastry:
Moenie die pastry uitrol nie, want jy wil hê dit moet hoog rys. Sny puff pastry ongeveer 11cm by 6cm reghoeke. Bak op ‘n bakplaat vir omtrent 20 minute by 180ºC. Laat afkoel. Verdeel elke reghoek in twee (‘n bo en onder stuk).
Vulsel:
Appel:
Sny ‘n blikkie appels klein stukkies, sit dit in ’n kastrolletjie, voeg omtrent ’n kwart koppie water by asook knippie gemengde speserye, fyn naeltjies en kaneel en twee eetlepels suiker. Meng 10ml vlapoeier met ’n bietjie water, meng met appels en bring tot kookpunt, dit sal vinnig verdik, verwyder van hitte en koel af.
Vla:
Maak baie dik vla van omtrent twee koppies melk. Laat afkoel.
Garnering:
Maak dun vla en geur met gemmer.
Samestelling:
Skep die dik vla op die onderste gedeelte van ’n pastry reghoek, en plaas ’n reghoek bo-op, skep dan die appel op en dan die bokant van ’n pastry reghoek. Drup die garnering bo-oor.
Resep en foto: Louise Groenewald