4 eetlepels olie
1 eier
¾ koppie melk
1 koppie meel en nog tot jou deeg nie meer loperig is nie
2 teelepels bakpoeier
1 ½ koppie geraseperde kaas
Meng alles, skep lepels vol van die deeg op ‘n bakplaat, druk ‘n vienna of worsie van jou keuse in die deeg, ek het gebraaide ui bo-op geskep, lekker baie kaas op gegooi en dan oond toe vir 10 min. of tot gaar, regtig vinnige en lekker.
Foto en resep: Rina Kleinhans
2de foto: Ronell Muller Boshoff – ek het sommer ham/spek gebruik.. dit was heerlik










Baie lekker en vinnig! Die kids het dit ook baie geniet!
Ek het so kein bietjie paprika by die deeg gegooi.