SKON BROODJIES MET WORSIES

skon broodjies met worsies intested

SKON BROODJIES MET WORSIES
Hierdie een is dalk al vergete, en daarom sit ek hom weer op vir julle, dit is die gewone skons in die snackwich se deeg wat mens met so bietjie meer meel gebruik dat dit nie meer loperig is nie, skep lepels vol van die deeg op ‘n bakplaat, druk ‘n vienna of worsie van jou keuse in die deeg, ek het gebraaide ui bo-op geskep, lekker baie kaas op gegooi en dan oond toe vir 10 min. op 180 ºC.

4 eetlepels olie
1 eier
¾ koppie melk
1 koppie meel en nog tot jou deeg nie meer loperig is nie
2 teelepels bakpoeier
1 ½ koppie geraseperde kaas

Meng alles, skep lepels vol van die deeg op ‘n bakplaat, druk ‘n vienna of worsie van jou keuse in die deeg, ek het gebraaide ui bo-op geskep, lekker baie kaas op gegooi en dan oond toe vir 10 min. of tot gaar, regtig vinnige en lekker.

Foto en resep:  Rina Kleinhans
2de foto: Ronell Muller Boshoff – ek het sommer ham/spek gebruik.. dit was heerlik