ROGBROOD BLOKKIES EN MURGPAMPOENTJIEGEREG
Ag ek het vanaand die lekkerste bykos gemaak. So maak mens:
6 snye rogbrood in groterige blokke gesny
1 middelslag ui in blokke gesny
2 knoffelvingertjies gekneus
4 murgpampoentjies in ringe gesny
5 groot tamaties in stukke gesny
1 koppie cheddar kaas fyn gerasper
sout/ peper en veggiespice na smaak.
20 ml olyfolie
Stel die oond op 180 ºC.
Braai die uie en knoffel tot uie verbruin in die olyfolie.
Voeg die murgpampoentjies by en braai verder, maar pasop die murgpampoentjies word gou sag. Dit moet vinnig geroer word tot die murgpampoentjies bruin is.
Voeg die broodblokke by en roer deur (dit absorbeer die meeste van die olie)
Sit laastens die tamaties by en roer. Moenie dat die tamaties pap kook nie. Dit moet net bietjie sous afgee.
Haal van die stoof en strooi die speserye oor.
Spuit ‘n oondbak en gooi die kaas bo oor. Bak net totdat die kaas gesmelt is.
Dien op as bykos saam met gebraaide skaaptjoppies en soetwortels of ertjies.
Heerlik
Resep: Amanda Verster Vd Merwe