PORTUGUESE MELKTERTJIES
1 rol skilferkorsdeeg
Vulsel:
½ liter room
200g wit suiker
½ koppie melk
heel skil van 2 suurlemoene (nie gerasper nie)
1 eetlepel vanieljegeursel
1½ eetlepel brandewyn
1 eetlepel Maizena
1 eetlepel koekmeel
9 eiergele
Rol die deeg uit sodat dit dunner is.
Rol dit op totdat dit ‘n lang “potlood” vorm.
Sny 24 wielietjies daaruit.
Smeer die muffinbakkies en druk elke wieletjie uit in die bakkies.
Plaas in yskas vir 10 minute.
Sit die vulsel in ‘n kastrol en laat dit stadig prut tot dit ‘n dikker mengsel vorm.
Haal die suurlemoenskille uit en laat die mengsel afkoel.
Skep dit in die tertvorms – nie te veel nie, want dit moet rys.
Bak dit teen 200 grade vir 12 minute.
Dit word bruin en lyk soos creme bruleé
FOTO: Stompie Thessner
Geskuif.