

AARBEI-YSKASTERT
Maak n kors deur n pakkie Marie-beskuitjies te rol en dit dan met n kwart pond [125 g] botter te meng. Voer n tertbord hiermee uit ebn gebruik n heerlike vulsel. [ die kors is eintlik genoeg vir 2 terte]
1 blikkie ingedampte melk [ 24 uur in yskas]
1 pakkie aarbei jellie
¼ koppie suiker
¼ koppie suurlemoensap
½ koppie kook water
Heel aarbeie en slagroom [Orley Whip]
Los die jellie in die kook water op, voeg die suiker en suurlemoensap by. Laat afkoel.
Klop intussen die 24 uur yskas ingedampte melk tot toringstyf. Gooi die verkoelde jellie mengsel by die opgeklopte ingedampte melk en meng goed. Skep die vulsel in die tertkors en verkoel in die yskas. Garneer met heel aarbeie en slagroom.
Dit is genoeg vir 2 terte.
Foto: Rene van Oosten







Rene Van Oosten
Dis n vinnige lekker tert. Ek sal hom defnitief weer maak.