

AARBEI-YSKASTERT
Foto: Rene van Oosten
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
1 pakkie Marie-beskuitjies
125 g botter
Rol die pakkie Marie-beskuitjies fyn en meng met die botter.
Voer ‘n tertbord hiermee uit en gebruik ‘n heerlike vulsel.
(die kors is eintlik genoeg vir 2 terte)
1 blikkie ingedampte melk [ 24 uur in yskas]
1 pakkie aarbei jellie
¼ koppie suiker
¼ koppie suurlemoensap
½ koppie kook water
heel aarbeie en slagroom [Orley Whip]
Los die jellie in die kook water op, voeg die suiker en suurlemoensap by en laat afkoel.
Klop intussen die 24 uur yskas ingedampte melk tot toringstyf.
Gooi die verkoelde jellie mengsel by die opgeklopte ingedampte melk en meng goed.
Skep die vulsel in die tertkors en verkoel in die yskas.
Garneer met heel aarbeie en slagroom.
Dit is genoeg vir 2 terte.







Rene Van Oosten
Dis n vinnige lekker tert. Ek sal hom defnitief weer maak.