KERRIE VIR KERRIE EN RYS
5 uie
25 ml kerriepoeier
4 teelepels gemmer
2 ½ kg maalvleis
5 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel borrie
4 teelepels sout
200 ml asyn
2 ½ eetlepel tamatiesous
2 ½ eetlepels mielieblom (Maizena)
2 ekstrak blokkies (OXO)
500 ml kookwater
Braai uie, kerriepoeier, gemmer en maalvlais tot goudkleurig.
Voeg dan die konfyt, borrie, sout, asyn, tamatiesous, mielieblom, blokkies OXO en kookwater by.
Prut op ‘n lae hitte vir 15 min.
Geniet!!!!
Jeanette van den berg







