

MARINADE VIR SPITBRAAI
Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20 kg skaap/of lam.
1 bottel olie
1 bottel wit asyn
1 bottel bruin asyn
200 ml sout
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices”
1 bottel Worcestersous
2 eetlepels garlic
200 ml bruin suiker
3 tot 4 groot uie, gerasper
Laat staan oornag vir gebruik die volgende oggend.
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit.
Bedruip skaap die heeltyd met die sous.
Ek smeer ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai.






