
MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE
BRON- Merelda Hatzidarellis
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep het ek jare terug in ‘n tydskrif gekry.
1 blik Ideal melk, verkoel oornag in yskas
500 ml melk
60 ml vlapoeier
60 ml kakao
180 ml suiker of na smaak
15 ml gelatien
30 ml koue water
Sprinkel die gelatien oor die koue water en sit eenkant.
Sit die melk in ‘n kastrol en voeg die suiker by.
Sif die vlapoeier en kakao oor en roer goed met ‘n draadklitser en kook nou die mengsel oor matige hitte tot dit dik en gaar is.
Roer die mengsel deurentyd met ‘n draadklitser om klonte te vermy terwyl dit besig is om te kook en verdik.
Dit sal lyk soos Chocolate Custard as dit gaar is.
Verwyder die pot van die stoof en roer die gelatien, wat nou soos spons lyk, by.
Laat die mengsel afkoel maar roer dit gedurig sodat daar nie ‘n velletjie bo-op vorm nie. Anders sal die mousse klonte in hê.
Die mengsel moet koellerig wees anders smelt dit die Ideal Melk.
Klits die Ideal Melk tot dubbel die volume en klits die mengsel by.
Skep in glasbak met ‘n deksel.
Sit in yskas vir 6 – 8 ure, maar oornag is beter.






