MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE

question

MAKLIKE GOEDKOOP SJOKOLADE MOUSSE
Hierdie resep het ek jare terug in a tydskrif gekry.

1 blik Ideal melk (verkoel oornag in yskas)
500 ml melk
60 ml vlapoeier
60 ml kakao
180 ml suiker (of na smaak)
15 ml gelatine
30 ml koue water

Sprinkel die gelatine oor die koue water en sit eenkant. Sit die melk in a kastrol en voeg die suiker by. Sif die vla poeier en cocoa oor en roer goed met a draadklitser en kook nou die mengsel oor matige hitte tot dit dik en gaar is. Roer die mengsel deurentyd met a draadklitser terwyl dit besig is om te kook en verdik om klonte te vermy. Dit sal lyk soos Chocolate Custard as dit gaar is. Verwyder die pot van die stoof en roer die gelatine, wat nou soos spons lyk, by. Laat die mengsel nou afkoel maar roer dit gedurig sodat daar nie ‘n velletjie op vorm nie. Anders sal die mousse klonte in hê. Die mengsel moet koellerig wees anders smelt dit die Ideal Melk. Klits die Ideal Melk tot dubbel die volume en klits die Chocolate Custard by. Skep in glasbak met ‘n deksel. Sit in yskas vir 6 – 8 ure maar oornag is beter.

BRON- Merelda Hatzidarellis