

KARRINGMELKBESKUIT (HEATHER)
Basiese mengsel
1 kg koekmeel (6 koppies)
50 g bakpoeier
7,5 ml sout
1 ½ koppie suiker
Nou vir die erste stap.
In potjie op stoof smelt 500 g stork bake of botter.
As begin prut, sit stoof af en voeg dadelik 500 ml karringmelk by.
Voeg ook 2 teelepels vanilla in, roer goed deur en voeg by jou droë basiese mengsel van bo.
Variasies:
Vir gewone karringmelk – voeg 1 koppie koekmeel by basiese mengsel.
Vir muesli – voeg 3 koppies muesli by basiese mengsel.
Vir all branbeskuit – voeg 3 koppies fyn all bran en 1 koppie sonneblompitte wat eers in pan geskroei is, by basiese mengsel.
Gebruik helfte nutty wheat en helfte koekmeel in plek van koekmeel en voeg 1 koppie lynsaad en 1 koppie rosyne by.
Bak my beskuit in gewone oond op 180°C vir 40 min. Het nie waaieroond nie, so kan dalk korter in hom wees. ek druk die mengsel plat in die Panneman pan, sny met die gadget voor ek in oond druk.
Resep: Heather Strumfer- tips vir nog variasie:
Partykeer neem ek helfte suurroom en helfte karringmelk.
Partykeer neem ek helfte botter, helfte wit margarien.
Partykeer neem ek bruin suiker in wit se plek.






