

HOENDERFRIKKADELKERRIE
Genoeg vir 6 mense
300 g hoendermaalvleis
30 ml (2 eetlepels) garam masala
sout en peper
4 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 teelepel) gerasperde gemmer
sap van 1 suurlemoen
SOUS:
5 ml (1 teelepel) olie
1 ui, in skywe gesny
2 groen brandrissies, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
410 g (1 blik) heel tamaties
250 ml (1 koppie) hoenderaftreksel
knoffelbrood vir voorsit
vars kruie vir garnering
Meng die hoendermaalvleis met die helfte van die masala en al die sout, peper, knoffel, gemmer en suurlemoensap.
Maak jou hande nat en vorm mini-frikadelle. Hou eenkant.
Sous:
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die ui, brandrissies, soetrissie en oorblywende masala 3 minute.
Voeg die tamaties en hoenderaftreksel by, bring tot kookpunt en laat prut 10 minute.
Laat val die hoenderfrikkadelle versigtig in die sous en kook 10 minute of tot die hoender gaar is.
Sit voor op die knoffelbrood en garneer met die vars kruie.
Foto: Marietjie du Toit
Nou ja hier is die hoender kerrie frikkadelle. Heerlik verby. Ek het net die brand rissie uitgelaat.






