

BESTE SKUIMPIE
1 eierwit
1 eetlepel wit asyn
2 eetlepel kookwater
1 koppie strooisuiker
¼ teelepel bakpoeier
Klits alles behalwe bakpoeier.
Klits baie goed tot styf.
Voeg bakpoeier by en klits nog 1 min.
Spuit hopies of gebruik ‘n teelepel.
Bak vir 1 uur by 100°C.
Sit oond af en laat afkoel tot koud in die oond.
Soms gooi ek ‘n paar druppels amandel geursel of rooswater by.
Jy kan ook ‘n druppel of twee kleursel byvoeg.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman






