4 KAASBROODJIE VIR BRAAI
8 worsbroodjie bolangs gegleuf maar nie die punte deur gesny nie
¼ teelepels fyn gemaakte knoffel
½ uitjie baie fyn gekap
250 g Cheddar kaas fyn gerasper nie grof nie
100 g Mozzerella fyn gerasper nie grof nie
1 Feta wieletjie fyn gekrummel
100 g Tusser of enige ander kaas tot jou beskikking
2 skyfies salami fyn opgesny
Mayonnaise
Foelie in blokkies gesny groot genoeg om rolletjies toe te maak
Meng alles saam buiten mayonnaise.
Voeg mayonnaise by totdat dit ‘n stywe skepmengsel maak.
Vul broodjies genoegsaam. Maak met foelie toe, maar hou die bokante oop. Bak op 180 ºC tot bruin en kaas gesmelt.
Resep: Corne Marais








