TUISGEMAAKTE TABASCO SOUS
150 g rissies
2 liter wit asyn (ordentlike soort)
2 koppies suiker
150 g sout (hoeveelheid is reg so)
100 g geskilde knoffelhuisies, gekneus
Skep al die bestanddele in ‘n glashouer. Laat trek 2 weke.
Verpulp. (Pitte kan uitgehaal word voor jy dit verpulp – dan bietjie minder sterk)
Gebruik oor alles. Oppas, dit kan verslawend wees! Baie lekker.
(Ek het die resep eers halveer, want ek wou eers seker maak dit smaak REG!)
Maar ek belowe julle – DIT SMAAK HISTERIES LEKKER!
Resep: Henriette Janse van Vuuren / Willemien Swart-Windell
Foto 1: Bheula de Jager
Foto 2: Gideon Louw
Ek het 2 x 750 ml bottels wit asyn gebruik.










geskuif