ROOMYS MET VARS ROOM
1 x 397 g blik kondensmelk
125 ml water
5 ml vanilla
250 ml vars room
Meng die kondensmelk, water en vanilla in ‘n 2 liter houer. Verkoel 1 uur lank.
Klits die room styf en vou by die verkoelde mengsel in.
Plaas in die koudste deel van die vrieskas.
Verwyder die roomysmengsel uit die vrieskas wanneer ‘n rand van 25 mm bevrore is.
Klop die mengsel om die bevrore deeltjies deur die mengsel te versprei.
Plaas vir minstens 4 uur in die vrieskas tot bevrore.
Resep geplaas deur Linda Venter







