

MAASKAAS ROOMYS
Genoeg vir 4 mense
1 houer (250 g) gladde laevet-maaskaas
125 ml (½ koppie) melk
2 ekstra-groot eiers, geskei
50 ml strooisuiker
10 ml (2 teelepels) vanilla geursel
Klits die maaskaas en melk saam tot glad. Klits die eiergele by.
Klits die suiker en vanieljegeursel by. Klits die eierwitte styf en vou in by die mengsel. Giet in gepaste houer en plaas in vrieskas.
Roer elke halfuur tot bevries om groot yskristalle te voorkom.
BRON- Marè Nieuwoudt






