BIETJIE MEER OOR WILDEWAATLEMOENE ( MAKATANE, KARKOERE,TSAMMAS)
Wildewaatlemoene kan in die plek van soetwaatlemoene gebruik word vir konfyt of suurtjies.
Omdat sommige van die vrugte bitter is, is dit wys om altyd eers aan die vleis te proe.
Die wildewaatlemoen moenie groen gepluk word nie hy moet aan die plant gelos word totdat die stingeltjie heeltemal verdroog het.
VIR STUKKE KONFYT
Kook dit soos soetwaatlemoen konfyt, maar neem die volgende in ag.
1. Wildewaatlemoen met ‘n stywe skil kook taamlik bros konfyt. Sommige soorte word egter maklik sag en moet dus nie in water gekook word voordat dit in die stroop gesit word nie, want dit sal die stukke te sag maak.
2. Laat die stukke 2 dae lank in kalk of koeksoda water week en nie net oornag soos met soetwaatlemoen konfyt nie. Kalk 25ml/5 liter en koeksoda 45ml/5 liter water
GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN SOETWAATLEMOENSTUKKE
Prof. Jess Davidtsz waarsku in Jess Davidtsz se kookboek dat die prikgaatjies oral moet wees, maar dat jy die stukke nie voos moet prik nie. Moet ook nie van die kalkafsaksel op die stukke laat kom nie, want dit sal bruin vlekkies maak.
As die konfyt te vinnig kook, bly dit liggroen van kleur, die gewenste kleur is goudgeel of effens bruingoud. Die donkerbruin kleur word verkry deur die konfyt een of twee keer ornag in die stroop te laad koud word.
Om die konfyt brosser te kry kan ½ telepel fyn aluin by die stroop gesit word waarin die skil opkook of ‘n stukkie so groot soos ‘n ertjie. Moenie te veel insit nie, dit sal die skil hard maak.
* lekker vir later*
Christabel Garisch
Sny maketaan in 3 stukke, skil ‘n stik, steek buitekant vol gaaitjies VOOR JY DIT UITHOL! Hol nou uit, steek binnekant en dan sny jy ring, steek kant van ringe en dan sny jy blokkies. Ek steek dan die kant van elke Blokkie. Dis regtig BAIE makliker om so te verwerk.
Foto: Christabel Garisch
Cheryl Van Blerk
Jy druk jou gaatjies en laat le dit daar in, so uur haal uit en kook in stroop
Petré Van Jaarsveld
Weet net dat dit in kalkwater moet lê.. nog nooit gehoor van aluin wat bygevoeg word wanneer dit gekook word nie. Word dit nie maar soos maketaan gekook nie?
Petro Borchard
Dit wat ek kan opspoor, spoel jy die stukke af nadat dit in die aluin water gelê het. Die moderne neiging blyk om Pickling Crisp te gebruik in Amerika. Weet nie of mens dit hier kry nie
Marius de Beer
Moderne Waatlemoenkonfyt
Gooi kookwater oor skille en laat oornag staan. Kook dan 2.5 koppies vrugte met 15 ml gebluste kalk tot deuskynend. Dreineer. Kook suiker in skoonwater en suurlemoensap met 2ml sout en gemmer as jy wil. kook Vrugte tot stoop dik is en geniet.
Ja jy kook dit in genoeg water om die stukke te bedek saam met die kalk. As dit deurskynend is dreineer jy die kalk water en kook dan normaalweg soos altyd. Een eenheid vrugte op een en n half eenheid suiker. Vul met water tot net tot alles bedek is en kook tot stroop dik is.
Katryntji Nell
Sover as my kennis strek sny blokke prik met n vurk reg rondom blokkie en los oornag in aluin poeier dit maak blokkie stewig dat dit nie pap kook nie.
Fred Oberholzer
Laat die geprikte blokkies oornag in kalkwater om dit stewig te maak. Voeg die aluin poeier by die stroop om dit blink te maak. Dit het geen ander doel nie. Doen dieselfde met koeksusterstroop om dit blink te maak.
Dit is hoe dit werk. My ma het baie konfyt gekook en duisende dosyne koeksisters gebak. Aluin is die geheim vir die blink stroop en blink koeksisters.
Kate Jacobs
Ek myne vir 24 uur in kalkwater laat le,nadat dit gesny en alkante goed geprik is,haal na 24 uur uit spoel paar keer met skoon water af en laat kook in die stroop,tot sag en krakerig,ek toets dit met n tandestokkie.
Katryntji Nell
Gooi net bietjie kremetart of suurlemoensap by kook purposes want veral stukke geniet tot sandsuiker as dit te lank op rak staan.
Petré Van Jaarsveld
Sjoe.. Al wat ek weet…. die stukke moet in kalkwater le vir n dag of 2. Glyserine word by die stroop gegooi om die produk mooi te laat blink…. net soos vir koeksisters. Aluin word gebruik om te suig of te gorrel wanneer jy mangelontsteking het. Aluin het n erge frank smaak wat die mangels laat krimp.. lol
Fred Oberholzer
Jy gebruik n baie klein hoeveelheid volgens die resep. Het grootgeword daarmee in konfyt en in die koeksisterstroop
Johanna Vermaak
Het baie jare waatlemoenstukke…maketaan, gekook..laat le oornag in kalk…dis om dit ferm te hou….spoel deglik af kook in stroop….dan, dan voeg ek glyserien en suurlemoensap by om dit blink en versuikering te verhoed. Dit werk vir my…
Annatjie Cooper
Waatlemoenstukke word oornag in geblusde kalk gele na hulle goed gepruk is was volgende oggend goed af dan kook jy hulle eers in water sag dan word dit afgeweeg maak jou stroop aan 1kg vir 1 kg vrugte en 3koppies water en heelgemmer wat gekerf is n paar suurlemoen skywe so3.
Dan kookjy hulle indiestroop tot deurskynend bruinerige kleur en ekkook ook n ekstra pot stroop om bottels goed tevul as stroop in kookpot te min is
As jy nie gemmer in wilsit vervang met kaneelstokkenet so lekker








Kan iemand my asb sê wat die doel van die kalk is waarin die stukke moet lê. Wat doen die kalk aan die waatlemoenskil?
More, dit sorg dat jou stukke lekker bros bly en nie pap kook nie.
Spoel net goed af daarna, dan het jy pragtige konfyt.
Lekker kook
Is die bitter waatlemoen eetbaar ? . Het begin kook maar die stukke is gal bitter. Sal maar moet weg gooi
Hi Margo mens kook net die wit van die skil nie die vleis nie, en hierdie resep is vir gewone waatlemoen stukke of makataan… en mens moet regtig maar alles eers in die kalk laat le… maar ek weet nie na watter bitter waatlemoen jy verwys nie.. jammer
Hallo Margo
Dalk is ek bietjie laat met my antwoord. Dit is ongetwyfeld “bitter boela” wat jy gekook het. Hierdie soort “wilde waatlemoen” groei byna oral in die Wes-Kaap. Mens sien dit veral hierdie tyd van die jaar en meeste van die tyd op onbeboude plotte. Die voorkoms is donkergroen en rond. (Soms is dit effens ovaal.) Die bitter boela is meeste van die tyd bietjie kleiner as ‘n sokkerbal. Dit saai homself omdat niemand dit pluk nie. Ek het al by kenners van kruie navraag gedoen of die boela enige medisinale gebruike het of selfs enige gebruik, maar die kenners het my nie eers teruggeantwoord nie. Bly so ver weg as moontlik van hierdie tipe wilde waatlemoen!!!!
Sou graag wou weet wat die doel is om waatlemoen skille te prik voor jy dit kook?
Johnny dit maak dit bros sodat die kalk en ook die stroop in die skil kan inkook, anders sal jy nie sulke lekker sappige stukke kry nie. Hoop dit help