Skil en sny waatlemoenskil in mooi stukke. Verwyder al die groen, en hou net die lekker ferm wit deel van die skil. Prik met n vurk en laat oornag in n mengsel van gebluste kalk en water le. Plaas n piering bo-op om die skille onder te hou.[ 25 ml gebluste kalk op 5 lt.water]
Dreineer die volgende dag en spoel mooi skoon af.
Kook n groot kastrol met water en plaas jou stukke daarin en kook tot sag maar nie pap nie !!Dreineer goed en maak droog kook jou stroop.
Stroop
1 kg waatlemoen blokkies
2.5 liter water
1.5 kg suiker
20 ml suurlemoensap
Paar stukke gedroogde gemmer
Kook jou stroop en roer tot al die suiker opgelos is en helder is.=5min.
Plaas jou blokkies versigtig in die kokende stroop en kook tot die stroop dik is en die stukkies mooi deurskynendis Pak in bottels , gooi sous bo-oor en verseel.
Foto: Johan Röntgen – ek net 5 ml alein bygesit want ek hou van hom bros








