WAATLEMOEN EN PYNAPPEL KONSERF
Sny ‘n ferm waatlemoen in skywe op. Skil die groen buiteskil dun af en sny die vleis met pitte uit. Maal die binneskil en oorblywende vleis fyn. Weeg die hoevelheid gemaalde waatlemoen.
Voeg 125 ml water by elke 1 kg gemaalde waatlemoen en kook dit tot sag.
Dreineer dit goed.
Gebruik vir elke 1 kg gemaalde waatlemoen 1 kg suiker,
500 g gerasperde, geskilde pynappel en 60 ml suurlemoensap.
‘n knoets gekneusde gedroogde gemmerwortel wat in kaasdoek toegebind is
en ‘n knippie sout.
Verhit die suiker tot louwarm in die oond. Voeg dit saam met die pynappel, suurlemoensap, gemmer en sout by die waatlemoen. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook dit matig vinnig tot dik en helder en roer af en toe. Skuim die konserf af, indien nodig. Verwyder die gemmersakkie, bottel die konserf warm en verseel dadelik.
*Lekker vir later*
Foto: Ellen Minnie








