OUTYDSE KAROO BOEREWORS
500 g beesvleis
500 g varkvleis
1 kg skaapvleis – nie te maer nie
250 g varkspek [ ongerook ]
12.5 ml port
25 ml druiweasyn
12.5 ml brandewyn
3 teelepels sout
3 ml geskroeide koljander [ fyn gestamp]
3 ml witpeper
3 ml neutmuskaat – vars
1 ml fyn naeltjies
3 ml marjoram
6 salieblare fyngekap
1 eeetlepel lemoenskil fyn geraper [ net die geel gedeelte ]
worsderms
Sny al jou vleis in blokkies, strooi jou speserye oor , asook die sout , laat staan ‘n ruk. Maal nou die vleis. Sny die varkspek in baie klein blokkies en strooi oor die vleis. Sprinkel die vloeistowwe oor en meng met jou vingers se punte, liggies tog deeglik. Stop die derms met ‘n worsstopper.
Ek dink die geheim le ook in die gaarmaak. Vir my moet wors net – net gaar wees, tog nie droog gebraai nie, as jy hom pan gaar maak, gooi ‘n bietjie water onder in die pan en as jy hom vuurgaarmaak rol hom dig op en draai net een keer om, moet nie prik nie.
Resep geplaas deur Leon Smit