

OUTYDSE MELKTERT
Vulsel:
6 koppies melk
6 eetlepels suiker
2 eetlepels hoogvol meelblom
1 teelepel vanilla essense
4 eiers (geskei)
2 eetlepels botter/margarien
3 eetlepels gelyk, Maizena
( Ek gebruik ‘n groot ronde opskeplepel waar resep sê eetlepel.)
Kook 5 koppies melk, met die helfte van die suiker. Meng meelblom, maizena en die ander melk, eiergele en res van suiker. Klits goed sodat daar geen klonte is nie. Roer die mengsel in die kokende melkmengsel , voorkom klonte. Laat kook terwyl jy gedurig roer tot dit dik word. Verwyder van hitte, voeg vanilla en botter by. meng goed deur.
Plaas eenkant.
MAAK KORS:
¾ koppie meelblom
1½ teelepels bakpoeier
¼ koppie melk
knippie sout
¼ koppie botter/margarien
¼ koppie suiker
1 eier (die deeg is teveel, maar ek weet nie hoe om met die een eier te maak nie!)
Smeer in bakke wat met cook ‘n spray gespuit is, met agterkant van ‘n lepel, BAIE DUN, kan maar plek deurskyn.
Dit rys baie, so moenie dik smeer nie, anders is die hele tert ‘n stuk koek!
KLITS die eierwitte styf en vou in die vulsel in. Skep in tertbakke en strooi pypkaneel oor.
Bak in oond 180°C tot gaar, ongeveer half uur.
Nota: Die deeg is vir 5 terte, so maak minder indien jy nie so baie wil maak nie
BRON EN FOTO: Retha-Jane Duvenhage Buys






