HOL VETKOEKE
Ek het ‘n resep gekry lank terug op facebook wat ek gebruik om ‘hol’ vetkoeke te maak. Dit werk elke keer en die vetkoeke is lekker hol. Hier is die resep. Ek weet nie waar ek dit gekry het nie.
8 koppies koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetlepel sout
bietjie suiker (30 ml)
liter louwarm water
olie (om mee af te knie)
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses)
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 minute.
Knie af.
Rol deeg uit tot so 2 cm dik.
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit.
(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in).
Druk vetkoek effens plat tussen hande en bak in warm olie.
Ek gooi altyd eers ‘n klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg. Draai vetkoeke met ‘n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.
Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2 x af) en roosterkoek.
Vetkoek raad:
• Ja, ek het gevind om die deeg baie dun uit te rol maak die vetkoek hol of ek het al my deeg gerol, dan sny met skerp mes blokke en bak. Whalla, hol vetkoek!
• Om vetkoeke lekker hol te kry vir jou maalvleis rol die deeg met ‘n koekroller so 2 cm en druk uit met drukker of glas dan pof hulle sommer so.
Resep met 2 koppies meel:
3 ml suurdeeg
3 ml suiker
3 ml sout
± 1½ koppie lekker lou water
Ek gooi suurdeeg en suiker met ‘n half koppie lou water in bak waarin ek meng. Sodra suurdeeg lekker skuim, gooi ek meel en sout by en knie tot ‘n lekker sagte hanteerbare deeg.
Laat rys tot amper dubbel groote. Deeg gerol in ‘n wors, stukke afgesny en met vingers platter gewerk en in warm olie gegooi. Sodra deeg opkom het vrou met gaatjies lepel olie oor gegooi en deeg het gepof.
Ongeveer 12 vet koeke gekry. Hang net af hoe groot jy stukke sny.
Foto en vermindering van resep: Ben Herbst
geskuif