

MARQUERITE SE VOLSONDE(TRINCHADO)
1,2 kg beeshaas (fillet), in repies gesny
vars knoffel
meel
sout en peper na smaak
knippie kerrie
olie
Sous:
50 ml sojasous
50 ml Worcestersous
50 ml Balsamiese asyn
1 koppie suurrroom
2 koppies room
vars brandrissies, na smaak
Meng die meel, sout, peper en kerrie. Rol die repies vleis daarin.
Verhit olie in pan. Braai bietjies-bietjies vleis met knoffel op ‘n slag in die pan.
As al die vleis klaar gebraai is, plaas alles weer terug in pan of kastrol en voeg die sous by.
Laat dit stadig prut, die meel behoort die sous ‘n bietjie dikker te maak.
Sorg dat daar ‘n langsous is, want jy bedien die dis in sopbakkies met Portugese broodrolletjies.
Foto: Martie Fourie Moolman







geskuif