


KOEJAWELTERT
1 konfytrol
1 groot blik koejawels
30 g vlapoeier
60 ml water
1 blik kondensmelk
1 houer gladde maaskaas
125 ml suurlemoensap
250 ml room
1 teelepel vanilla geursel
Kook koejawels met sous vir ongeveer 3 minute. Meng vlapoeier met water en voeg by koejawels, kook deur en laat heeltemal afkoel.
Sny konfytrol en plaas onder in langwerpige bak, smeer geklopte room op. Skep die koejawels oor die konfytrol. Meng kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap tot goed gemeng en romerig. Smeer bo-oor. Plaas kersies bo-op (opsioneel.) Plaas in die yskas tot gestol.
Resep: Amelia Röder
Foto: Barbara Bullock
2de foto: Marlize Williams







Geskuif
Marlize Williams
Ek het die resep gebruik met n paar verskille.
Ek het die koejawels geliquidise en 60 ml vlapoeier gebruik. Asook die geklitste room bo op gesit en nie op die jam roll nie.