


MALVALEKKER KOPPIES
(Maak +- 70 – 80 doppies)
6 eetlepel+ 1 teelepel gelatien
1/2 koppie koue water
1 & 1/2 koppie kookwater
4 koppies suiker
2 eierwitte
knippie sout
1 teelepel geursel
100’s en 1000’s en
eetbare Cookie Cups
Gebruik ‘n groot mengbak. Week die gelatien in die koue water. Voeg die kookwater by en roer tot opgelos. Voeg die eierwitte, suiker en sout by en klits die mengsel 15 tot 20 minute vinnig totdat dit begin verdik. Gooi in Cookie Cups. Laat set en doop in 100’s & 1000’s. Die mengsel kan ook in ‘n gesmeerde pan gegiet word om te stol. Sny dit in blokkies en rol in geroosterde klapper. As die mengsel te styf word, plaas dit vir ‘n rukkie in ‘n bak met kookwater en klits dit weer goed. Kan ook in die mikrogolf warm gemaak word.
My kinders was mal daaroor. Ek het altyd met hulle verjaarsdae daarvan in die doppies gemaak.
2de Foto: Henriette Rossouw






