volkoring koekies fyngemaal
botter
1 pakkie kits framboos poeding
100 ml gepureerde framboos
200 ml styfgeklopte room
Maak die kors deur die volkoring koekies met die botter te meng.
Maak ‘n framboos mousse vir die vulsel.
Maak die framboos poeding aan soos op die pakkie (van die melk poeding boksies wat mens in die winkel kry). Kan alle smake gebruik, ek het gekies vir framboos die naweek want ‘n vriendin is allergies vir aarbeie. Voeg die gepureerde framboos by en vou die room liggies in.
Versiering – styfgeklopte room en vars vrugte.
Gebruik vormpies, druk koekie bodem vas in elke vormpie, pak vingerkoekies om die rand van die vormpie, spuit framboos mousse in tot 2/3 vol. Spuit styf geklopte room bo-op mousse en versier met vars vrugte. Laat oornag in yskas. Volgende dag maak vormpie los en sit strikkie om.
Resep en foto: Carli Bensch









geskuif