

MALIE EN URTE SE SMELTIES
(STEL OOND OP 180 ºC)
Melting moments (resep bietjie verander sodat dit nie so maklik krummel nie)
(Maak dit net so bite size en dan in bottels v peusel – heerlik verby)
525 g sagte Rama (Ongesoute botter kamertemperatuur werk beter)
2 eiers
500 ml versiersuiker
2 teelepels vanilla geursel
6 koppies koekmeel
350 ml maizena (cornflour)
3 teelepel bakpoeier
Klits met elektriese menger Rama en versiersuiker tot lig en romerig op hoë spoed, voeg die vanilla en eiers een vir een by en klits nog so 2 min.
Sif die droë bestanddele hier by en meng met ‘n houtlepel of spatula deur tot net gemeng.
Skep in spuit sak en druk jou vormpies uit met verskillende punte.
Bak so 10 min. Laat eers effens afkoel voor uit panne lig.
Enjoy..
(Het die helfte van die beslag klapper bygevoeg en kakao..) Heerlik..
Resep en foto: Malie en Urte Louw






