


MAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES
Ek het nou die dag iets probeer en my man sê ek moet die resep op die blad sit. Die hoeveelhede is na eie keuse, afhangende van die hoeveel vleiskolwyntjies jy wil maak.
500 g maalvleis
2 snye witbrood, in water geweek
speserye na smaak (bv vir frikkadelle)
aartappels, geskil en opgesny
botter
melk
kaas
1 eier
sout en peper na smaak
Meng die maalvleis, gedreineerde brood en speserye saam, en vorm frikkadelle so groot soos verkies.
Druk die maalvleis in ‘n kolwyntjiepannetjie se holtes vas teen die bodem en kante, soos wanneer jy deegdoppies sal maak, met ‘n holte in die middel.
Kook die aartappels tot gaar en dreineer. Voeg botter, melk, kaas, sout en peper na smaak en een eier by die gaar aartappels en maak dit fyn soos vir kapokaartappels. Skep die kapokaartappels binne in die vleisbakkies in die kolwyntjiepannetjie. Bak die gevulde vleiskolwyntjies in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir ongeveer 1 uur.
Nota – Ek het die resep weer gemaak en die maalvleis is byna dieselfde, ek het wel ‘n pakkie bruin uiesoppoeier, 80 ml water en 1 gerasperde ui bygevoeg. Vir ‘n extra lekkerte, voeg ek ook kaas en bietjie blatjang by die maalvleismengsel. Dit is regtig baie lekker, mense vra altyd vir my die resep. Is nooit presies dieselfde nie, want dit is sommer so uit die kop uit.
Resep en foto: Maryke Nel McCaig
One thought on “MAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPEL KOLWYNTJIES”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done