
LITCHI HOENDER
1 lekker groot hoender, in stukke gesny
1-2 groot uie
2 knoffelhuisies
1 hoog vol teelepel Five spice of na smaak (As jy nie 5 spice het nie gebruik kerrie, anys, kaneel, komyn)
1 groot eetlepel grondboontjie botter
1 blikkie ontpitte litchi’s
1 blikkie klappermelk
Braai die fyngekapte uie en knoffel.
Voeg die kruie by en braai nog bietjie.
Sit die hoender by en roer mooi deur.
Sit die res van die bestanddele plus sout en peper by en laat kook tot gaar.
Bedien saam met basmati of thai rys.
Dit is heerlik.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans






