

HEKSIE SE KERRIE-SLEEPSOUS
BRON: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie sous is genoeg vir 8 tot tien mense.
8 tot 10 groot uie, opgesny in ringe
300 ml mayonaise
300 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
150 ml blatjang
knippie gemmer, opsioneel
50 ml asyn
50 ml appelkoos konfyt
kerrie
borrie
sout na smaak
Smoor die uie tot halfgaar, gooi al bogenoemde bestanddele by die uie en laat dit stadig prut tot die sous lekker dik word.
Spice jou ontdooide tjops of hoender klaar.
Laat die sous afkoel en pak jou vleis en die wors in die braaikasserol – laag vir laag met die sous tussenin en bo-oor.
Hoe langer die vleis in hierdie sousie staan, hoe lekkerder is dit. Laat dit vir ten minste 12 ure staan.
Bak nou vir jou ‘n potbrood en sny dit in dik hompe. Wanneer die vleis klaar gebraai is sit jy dit terug in die sous en hou dit warm oor matige hitte. Oppas, moenie die kerrie laat aanbrand nie.
Hou jou tjops eenkant vir later.
Nou begin die sports!
Skep daai kerrie uiesous oor die brood en geniet dit. Sorg dat jy staan, want daai sous GAAN drup! Geniet dit!






