

HEINER SE GROENBOONTJIES
Die is die resep waarvoor ek wou weet wat se spesery savory is.
600 g groen boontjies
Sout
1 tl Savory of Tiemie (gedroog)
½ ui
40 g botter of kookolie
40 g meel
Peper
1 tl asyn
125 ml suur room
Pietersielie
Spoel die boontjies af en sny of breek hulle in 2-3 cm lang stukke. Kook in sout water met savory tot gaar. (20-30 minute) en gooi die water af. Kap die uie fyn en soteer in die botter. Roer die meel by en braai goed deur. Gooi 250 ml van die kook sap by en prut vir 10 minute. Geur die sous met sout, peper en asyn en roer die suur room by. Voeg die boontjies by en laat dit vir n tyd saam opwarm, skep in n warm opskepskottel, strooi gekapte vars pietersielie oor en bedien.
BRON- HEINER LANGE






