

FRUIT COCKTAIL POEDING
Bron: Martie Briel
Foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie Fruit Cocktail met stroop (410 g blikkie)
2 koppies koekmeel
1 ½ koppies suiker
3 eiers
2 teelepels koeksoda
Meng alles saam en sit in oondvaste glas bak wat vooraf gesmeer is.
Bak 40 minute by 180°C.
Stroop:
1 koppie suiker
1 blikkie Carnation Ingedampte melk
1 teelepel vanilla essence
1 eetlepel margarien
Kook alles saam tot suiker goed gesmelt is.
Steek gaatjies in die warm poeding met sosatie stokkie en gooi stroop oor (ek gooi met ‘n lepel bietjie bietjie oor en mens maak seker elke deel kry ewe veel – dit trek ook vir my baie mooier in – anders dam als in die middel en dan is dit vir my “soggy”).






