GIDEON SE POTBROOD EN WORSGEREG
Eindelik my vrou oorreed om sover te kom ommie reseppie te gee x mos rekenaar gestremd.
4 x 250ml koekmeel
halwe teelepel sout
10 gr droë kitsgis
1 eeetlepel suiker
2 eetlepels kookolie
400 ml louwarm water
1 geklitste eier
Sif meel en sout saam voeg suiker en gis by en meng ,voeg olie en water by om ‘n sagte deeg te vorm ,
Knie deeg tot glad en nie meer klewerig nie bedek en plaas in geoliede bak en laat op ‘n warm plek rys tot dubbel in volume.
Knie af en vorm ‘n bal met die deeg, plaas in gesmeerde pot, smeer deeg met geklitste eier. Plaas pot op ligte kole asook kole bo op deksel bak so +- 20min.
Plaas jou gunsteling pakkie wors bo op brood en bak nog so 20 -25 min. en siedaar !!?
Gideon Louw
Sorrie julle ek sien nou eers die vraag neeeee ek het nie die wors vooraf gaar gemaak nie, maar eers die brood ‘n rukkie gebak totdat die deeg styf is en toe die wors opgesit met bietjie meer kole op die deksel !
Foto en idee: Gideon Louw








