

FEESTELIKE KRAPSLAAI
Foto en resep: Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies kersietamaties in halwes
1 kg krapstokkies in 6 gesny
1 groot engelse komkommer in byt grote blokkies
1 rooi ui in skywe
4 groen appels in blokkies
8 medium aartappels, saggekook en in blokkies
12 vars basilblare
Meng alles saam in groot mooi bak
SLAAISOUS
2 teelepels droë rissies
4 knoffelhuisies, gekneus en gekap
6 teelepels heuning
125 ml druiweasyn
1 teelepel himalaya sout
1 teelepel gowwe peper
125 ml olyfolie
10 teelepels mayonnaise
2 teelepels italiaanse kruie
Meng goed deur en gooi oor slaai, werk deur met 2 vurke
Hierdie is ongelooflik lekker, by troues, verjaarsdae en sommer om die braaivleisvuur.
Vir ‘n voorgereg voeg ek 1 blik appelkose en 1 blik perskesskywe by, halveer dit net.
ENJOY!!!!!!!!!!!!






