BLATJANG MET GEKOOPTE APPELKOOSKONFYT
Resep en foto: Maureen Jansen van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
5 groot uie, gekerf
1 groen soetrissie, opgesny
olie vir braai
1 groot blik All Gold appelkooskonfyt (900 g)
1 groot bottel All Gold tamatiesous (700 ml)
‘n paar chillies, baie fyn gesny
Braai die uie en opgesnyde soetrissie in ‘n pot met bietjie olie.
Voeg die appelkooskonfyt en tamatiesous by asook die chillies.
Roer goed en laat prut vir sowat ¾ uur. Roer gereeld.
Bottel warm.
Nota:
Dis die lekkerste sous en kan oor enige iets gebruik word, van vleis, tot op eier tot op stywe pap.
Almal soek altyd die resep.
Nota: Leanne Thurston Coetzer
Die sous is baie yummies, ek gebruik die helfte van die appelkooskonfyt dan is dit minder soet.








