GEDROOGTE APPELS
Die boek lekker vir later se mens maak dit in die skadu droog waar daar ‘n goeie trek is, en maak seker dat daar ‘n dun kaasdoek bo-oor is om sand en muggies uit te hou.
Ek sal dit in die sout mengsel (125G/5 LITER WATER) laat le en dan buite droog maak, hulle bevel aan dat indien jy hom in die oond wil droog maak jy hom moet berook met swawel vir ‘n uur of so en dan 4-6 uur teen 50 Grade C, draai die ringe om wanneer driekwart droog, jy sal weet dit is droog indien jy die ringe saam pers en hulle nie meer aanmekaar vassit nie en voel soos seemsleer.
Indien jy dit in die oond droog maak, moet dit 12 uur staan teen kamertemperatuur voordat jy dit verpak.
Elna Erasmus
Ek het hierdie gedroogte appels gemaak, het die resep hier op die groep gekry. Skuus ek het nie ‘n foto geneem nie. Kan dit regtig aanbeveel.
Gedroogde Appel “Chips”
Sny 3 granny smith’s in dun repies
Bestuif mildelik met speserye van jou keuse (hier het ek kaneel, neutmuskaat, swartpeper en naeltjies gebruik)
Pak op oondpan wat vooraf gespuit is
Bak in warm oond teen so 200ºC vir 10-15min (elemente bo én onder aan), dan vir ‘n verdere 20min teen so 150ºC, dan vir so 30-40min teen so 80ºC
Draai skywe om na elke temperatuur verandering
Geniet warm/koud
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Appels gedroog in my glas oondjie!!
Ekt 60ml suiker gesmelt in 60ml kookwater en toe gekook en laat afkoel!! Doop appels(ekt 2 appels gevat) skywe in die stroop! Sit op onderste rakkie!
30min op sy laagste hitte toe maak ekke hulle net bietjie Los van die rakkie en weer 30min!!
Whalo! !! Heerlik wit en lekker!! Hulle is soma so krakerig as hulle koud is!!
Daar was stroop oor kan defnitief 3 appels in daardie stroop doen!








