PATATROL MET KARAMEL
1 rol Today’s deeg
500 g patats
1 koppie suiker
1 koppie water
30 g margarien
5 ml sout
5 ml karamelgeursel
Sous:
1 blik Idealmelk
125 ml suiker
5 ml kaneel
50 g margarien
Kook die patats in die suiker, water, en sout. Dit moet lekker droog kook.
Roer dan die karamel in. Druk dit fyn. Skep dit op die deeg. Rol dit op soos ‘n rolkoek.
Sny die rolkoek in 12 wiele. Bak tot gaar. Kook die sous vir 5 minute, giet dit oor die gaar wiele.
Hou warm tot benodig. Jy kan dit met pampoen ook doen.
Variasie: strooi bietjie klapper oor.
Resep: Michelle Nel
Foto. Dawie vd Heever