MIELIE EN KAAS RYSSLAAI
Vir 4 persone.
1 koppie rou rys
½ rooi ui, fyngekap
25 ml vars suurlemoensap
1 blik heel mielies (nie geroom)
100 g Cheddar- of Goudakaas, in klein blokkies gesny
handvol vars, gekapte Italiaanse pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper
Vir die slaaisous:
125 ml jogurt
30 ml suurlemoensap
30 ml olyfolie
Maak die slaaisous deur al die slaaisousbestanddele te meng. Kook die rys met ‘n knippie sout tot gaar. Gooi dit uit in ‘n mengbak om af te koel.
Gooi die suurlemoensap oor die gekapte uie en laat dit eenkant staan terwyl die rys kook.Wanneer die rys afgekoel is, kan jy die mielies, uie, kaas, pietersielie, sout en swartpeper en die slaaisous byvoeg.
Meng alles deeglik en skep in ‘n opdienbak.
Bedek en plaas in die yskas totdat dit etenstyd is.
Resep geplaas deur Venita Bok Nolte









