FLORAINE SE KAASKOEK
500 ml roommaaskaas
500 ml suurlemoensap
2 blikkies kondensmelk
4 koppies room
250 ml warm water
8 teelepels gelatien
Kors
1 pakkie fyn Tennisbeskuitjies
125 ml gesmelte botter
20 ml klapper
Meng kondensmelk en suurlemoensap saam. Klop room styf, meng gelatien in water. Meng roomkaas, room, kondensmelk en gelatien mengsel alles saam, sorg dat mengsel goed deurgeroer is.
Maak kors deur die kors bestanddele goed te meng en op die bodem van die pan vas te druk.
Gebruik 28 cm losboom pan.
Giet die vulsel op die kors en verkoel in yskas. Versier soos verkies.
AARBEI STROOP VIR KAAS KOEK
500 ml aarbeisap
5 ml maizena
15 ml vlapoeier
20 ml suiker
500 ml vars aarbeie
Verhit 400 ml sap tot kookpunt.
Neem 100 ml oorblywende sap en voeg die maizena, vlapoeier en suiker daarin, roer, voeg by warm stroop en laat 5 minute stadig prut.
Gooi dan die vars aarbeie in stroop, verwyder van hitte en laat afkoel.
Wanneer koud, skep op kaaskoek.
Variasie:
Fyngekapte vars mintblare en vars blomblare kan ook by stroop geroer word, sit dan versuikerde gemmer skyfies tussen in. Geniet! Ek het hierdie een mooi versier, want dit is vir ‘n verjaarsdagtee.
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter









geskuif