

LOUISE SE WENNER JODETERT
Resep en foto: Louise Groenwald
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie spesifieke resep is die een wat my ma altyd gemaak het, toe ek nog kind was. Ek het die reseppie op ‘n stokou uitklipseltjie van ‘n vergeelde stukkie koerant tussen my ma se resepte ontdek, na sy oorlede is. My ma kon baie goed bak en dit was droomlekker as sy dit gemaak het. Dit bly, soos Johannes inderdaad sê, een van die lekkerste koeke wat bestaan! Dis ‘n absolute moet dat dit oornag moet staan. Die koeklagies en vulsel “fuse” dan saam wat dit maklik maak om te sny die volgende dag.
1 eetlepel botter
¼ koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
1½ koppie meelblom
Klits die botter en suiker tot room. Voeg die eiers een een na mekaar by. Meng baie geod na elke toevoering. Voeg droë bestanddele by om ‘n rolbare deeg te vorm. Rol baie dun uit en verdeel in vyf ewe groot ronde skywe. Bak in 375 °F tot gaar.
Vulsel:
2½ koppies melk
2 eetlepels meelblom
½ koppie suiker
1 teelepel vanielje
2 eiers
Verhit die melk tot onder die kookpunt. Klits eiers en suiker deeglik en voeg die meelblom by. Voeg eiermengsel by die melk en roer tot dik. Kook 2 minute. Voeg vanielje by. Laat koud word. Sit lae opmekaar met vulsel tussenin. Bedien die volgende dag.






