TAMATIE EN UIE SMOOR
Braai sommer lekker klomp uie, miskien so 4 grotes, kyk dat jy lekker ”pap” tamaties kry waarvan die vel af is (gooi kookwater oor en laat ruk staan, gooi dan water af en tap sommer koue water op om gou af te koel en trek skille af)en voeg by die uie as die uie sobruin begin word. Voeg nou jou sout, peper(ek verkies wit), suiker na smaak en knoffelhuisies wat fyn gesny is by (hang van jou af hoeveel knoffel) en as dit begin kook, sit deksel skuins en kook totdat dit begin dikkerig sous vorm, roer nou en dan, ek verdik dit sommer met ”maizina” ook, sodat dit nie te loperig is nie veral as jy dit op broodrolle wil gebruik.
Rina Kleinhans
Ek sit so paar songedroogte tamaties by, en bietjie sweet chilli sous, dan smaak hy sommer voorentoe








