

LEMOENKOEK
Uit my eie handgeskrewe resepte boek: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
3 eiers, goed geklits
1 koppie suiker
1½ koppie koekmeel
1½ teelepel bakpoeier
sout
180 ml melk
3 eetlepels margarien
Voeg suiker by eiers, klits goed.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by. Meng net deur.
Bring melk en margarien tot kookpunt. Roer kokende mengsel in meelmengsel in.
Skep in gesmeerde pan of vorm en bak by 180ºC vir 20 – 30 min. Laat bietjie afkoel.
Prik met vurk, en giet die volgende sous oor:
Sous:
1½ koppie suiker
1 koppie water
2 – 3 eetlepels margarien
Kook vir 5 minute saam. Haal af en voeg 2 – 3 eetlepels lemoenskil en 1 koppie lemoensap by.
Giet sous oor koek.






