GESTOPTE BROOD
Hol groot ronde brood uit of broodrolletjies. Hou die hoedjie wat jy afsny.
Meng saam
250 ml suurroom
250 ml roomkaas
1 koppie spek stukkies
1 koppie gekapte ham
½ ui, gekap
2 koppies gerasperde kaas
chilli flakes
Druk die mengsel in die uitgeholde brood, sit die hoedjie weer op, smeer die hele rolletjie met gesmelte botter.
Sit in die oond en bak op 160 ºC vir ‘n uur – bedien saam soutkoekies, chips of uitgeholde broodstukkies.
Mens kan die vulsel aanpas na smaak.
Malinda Kieser Geldenhuys








