JOGURTTERT IN 4 MINUTE (MIKROGOLF JOGURT TERT)
1 liter jogurt van jou keuse
1 blikkie kondensmelk
Tenniskoekies en gesmelte botter om te meng
Opsioneel: meng 10 ml gelatien aangemaak met bietjie warm water en afgekoel by jou mengsel in net om te verseker hy stol perfek… regtig jou keuse.
Krummel die koekies en meng met botter – druk vas onder in ‘n bak.
Meng die jogurt en kondensmelk (en gelatien indien jy dit gebruik). Gooi die mengsel op die koekies in die bak.
Sit in die mikrogolf vir 4 minute in siedaar!
Haal die kaaskoek uit die mikrogolf en sit in die yskas totdat dit lekker koud is en geniet.
NOG ‘N PAAR IDEES
Amanda Verster Vd Merwe:
Hier is die twee 4 minute terte wat ek vir vandag gemaak het:). Links granadilla met gemmerkoekie kors en regs aarbei met ‘n wilde bessie sousie oor. Heerlik!
Hettie Coetzee:
I have made 4 different flavours and have found that ‘double cream greek smooth yoghurt’ tastes the most like ‘cheese cake’ the flavoured yoghurt takes like yoghurt, I used a dish as big as my large supper plate (then 1L is good) and 2 pkt of biscuits give a nice thick crust! Also found 4 min not sufficient. Rather microwave for 6 min. It is so easy… that even I can manage.
Marietjie Nel:
Ek het Perske jelly aangemaak met halwe kop kookwater en halwe koppie kouewater en houertjie granadilla pulp ingemeng – dis heerlik – mens moet dit net oornag laat stol.
Foto: Rina Kleinhans
Foto: Chantèlle Saayman sonder jellie laag










geskuif
Meyer Combrinck
Ek het van híérdie juweel van n tert vergeet!
My gunsteling is peach/apricot joghurt. Sodra dan effens afgekoel het, maar voor gestol, vou piesang instant pudding aangemaak met driekwart van die melk daarby in.
Verdik blikkie grenadilla pulp oor lae hitte met bietjie maizina, laat effens afkoel en giet op tert. Sit in yskas tot als goed geset en gestol is.
Chantélle Saayman
Ek het hom eergister gemaak, 500ml yoghurt, 1 blik kondensmelk, meng, gooi in koekie kors en sit in mikrogolf vir 4 min. Ek het myne 5 min ingesit
Elmarié Eybers Hierdie resep is n wenner!! Ek het dit ook al heelwat kere gemaak. Ek eksperimenteer elke keer met n ander geur jogurt. Ek het dit juis die naweek weer gemaak met karamel Tennisbeskuitjies en karamel jogurt…. HEMELS!!
. Andeline de Abreu het ‘n oreo kors gemaak instede, en dit was baie lekker
Ek het die resep gemaak met die Double Cream Chocolate Yogurt (Bliss) – ek sal nooit weer ‘n ander yogurt gebruik nie. Dit het glad nie na yogurt gesmaak nie en dit was heerlik!!! Glad nie so soet soos die ander yogurts nie!!
Ek het dit vir 4:30 min in die mikrogolf gesit.
Ek het nadat dit afgekoel het, geklopte room oorgesit en daarna gerasperde sjokolade oorgesprinkel!