JOGURTTERT IN 4 MINUTE (MIKROGOLF JOGURT TERT)

4 min kaaskoek elisabeth reggemaaktested

JOGURTTERT IN 4 MINUTE (MIKROGOLF JOGURT TERT)
1 liter jogurt van jou keuse
1 blikkie kondensmelk
Tenniskoekies en gesmelte botter om te meng
Opsioneel:  meng 10 ml gelatien aangemaak met bietjie warm water en afgekoel by jou mengsel in net om te verseker hy stol perfek… regtig jou keuse.

Krummel die koekies en meng met botter – druk vas onder in ‘n bak.
Meng die jogurt en kondensmelk (en gelatien indien jy dit gebruik). Gooi die mengsel op die koekies in die bak.
Sit in die mikrogolf vir 4 minute in siedaar!
Haal die kaaskoek uit die mikrogolf en sit in die yskas totdat dit lekker koud is en geniet.

NOG ‘N PAAR IDEES

Amanda Verster Vd Merwe:
Hier is die twee 4 minute terte wat ek vir vandag gemaak het:). Links granadilla met gemmerkoekie kors en regs aarbei met ‘n wilde bessie sousie oor. Heerlik!

Hettie Coetzee:
I have made 4 different flavours and have found that ‘double cream greek smooth yoghurt’ tastes the most like ‘cheese cake’ the flavoured yoghurt takes like yoghurt, I used a dish as big as my large supper plate (then 1L is good) and 2 pkt of biscuits give a nice thick crust! Also found 4 min not sufficient. Rather microwave for 6 min. It is so easy… that even I can manage.

Marietjie Nel:
Ek het Perske jelly aangemaak met halwe kop kookwater en halwe koppie kouewater en houertjie granadilla pulp ingemeng – dis heerlik – mens moet dit net oornag laat stol.

Foto: Rina Kleinhans
Foto: Chantèlle Saayman sonder jellie laag